Ná die tranedal – of dit nou jy of jou kleintjie is – het jy die stryd teen jou kind én die kam verloor. Ons kyk na maniere hoe jy jou kleuter se hare sonder moeite in toom en gesond kan hou.
1. Maak hare kam 'n prettige geleentheid
Volgens die blogger en ma van een, Jessie Undorfer, is dit belangrik om jou kleinding se aandag af te lei wanneer jy met hul hare besig is. Probeer om hul gunstelingliedjie saam met hulle te sing of as jy 'n dogtetjie het kan sy self haar eie haarbykomstighede kies terwyl jy besig is.
Maak ook seker jou kind is gemaklik en dat jy sagkens met die hare werk. Op dié manier sal jou kleinding elke dag uitsien na harekam in plaas daarvan om die vlaktes in te hol.
Beproef
Natural Life pear wood comb deur Natural Life. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R49.
2. Kam jou kind se hare terwyl dit nat is
Jessie stel voor ná jy jou kind se hare gewas en opknapper aangewend het, jy die hare met ’n wyetandkam moet deurkam. Hierdie tipe kam help met fyn haartjies wat aan mekaar geknoop is.
Sy waarsku ook om nié jou kleinding se hare met 'n nat borsel te kam nie. Jessie verdeel haar dogtertjie, Rose, se hare in vier dele en maak seker sy neem haar tyd tydens dié proses.
Beproef
Naturals Beauty kids conditioner deur Naturals Beauty. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R109 vir 200 ml.
3. Vermy die daaglikse gebruik van sjampoe
Volgens Becky Bavli, die trotse ma van ’n tweeling en die stigter van die blog, T is for Tame, moet jy nie elke dag jou kleinding se hare met sjampoe was nie.
Sy raai aan dat jy dit sowat 1-3 keer ’n week met sjampoe was en dan daagliks opknapper aanwend terwyl die hare nat is. “Wend genoegsame opknapper aan en maak seker jy kam die hare goed deur met jou vingers of ’n wyetandkam,” beveel sy aan.
Sy raai ouers ook aan om ’n goeie opknapper of selfs produkte met kokosneutolie vir maksimum hidrasie te gebruik.
4. Vermy die gebruik van haardroërs
Becky – wie se tweelingseun en -dogter met die mooiste krullerige hare spog, meen dat ouers die gebruik van haardroërs moet vermy, veral as jou kind se hare krullerig is.
Hidrasie is baie belangrik vir kinders met krullerige hare en hitte kan droogheid veroorsaak wat beskadigend kan wees. Draai jou kind se hare in ’n mikrovesel-handdoek of in ’n katoen t-hemp toe. Gewone handdoeke absorbeer te veel water en veroorsaak kroesheid.
Beproef
JOMAR Conditioning Scalp Oil deur JOMAR. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R115 vir 50 ml.
5. Knip jou kind se hare
Een van die beste maniere om vir jou kleinding se hare te sorg, is deur seker te maak hulle kry die regte haarsnit. Deur die punte te knip, bly jou kind se hare gesond, dit voorkom gesplete punte en boonop help dit om droë hare te voorkom. As jou kind krullerige hare het, maak seker al die hare is dieselfde lengte geknip.
As jou kind baie dik hare het, is ’n haarsnit met lae die beste opsie om knope in toom te hou. Raadpleeg ’n haarkapper oor wat die beste opsie vir jou kleintjie sal wees.
Bronne: Themiamirose.com, Tisfortame.com, Parenting.firstcry.com