Dís hoekom jy jou sjampoe elke seisoen moet verander

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Net soos jou vel verander jou hare ook deur die seisoene. Dis lente en binnekort is dit somer. Dis dalk nou die tyd om jou haarsorgroetine aan te pas. Wonder jy hoekom? Ons gee raad.
Vrou met pragtige hare.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die seisoene verander so vinnig en binnekort is dit sonskerm en sonhoede om jou teen die son te beskerm. Dis ook die tyd wanneer jou hare deur subtiele veranderinge sal gaan. 

Dis belangrik om jou hare nou al vir die warmer weer voor te berei en die eerste stap is om voedsame haarprodukte aan te skaf. 

“Dis belangrik om jou sjampoe te verander, veral as jy iewers woon waar die temperatuur drasties verander,” sê Vaughn Acord, mede-eienaar en kunsdirekteur van Mizu Salon in New York. 

Sukkel jy met olierige hare, droë hare of skilfers wanneer die seisoene verander? Hier’s hulp.

Beskerm jou hare teen UV-strale

Vrou met pragtige hare.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Sonder dat jy dit weet kan direkte blootstelling aan die son jou hare beskadig. Die son se UV-strale kan veroorsaak dat jou haarkleur verbleik en kan ook brosheid veroorsaak. 

Nes jou vel moet jy ten alle tye jou hare teen UV-strale beskerm deur ’n goed geformuleerde sjampoe te gebruik. 

Kies sjampoe wat koring, soja-aminosuur en arginien bevat om die newe-effekte van hitte op jou hare te voorkom. Kies produkte met kokosneutolie en karanja-olie om ’n ekstra beskermende laag vir jou hare te bied. 

Kies produkte met hawerkorrels en sonneblomolie-ekstrak daarin om jou haarkleur teen onder meer verbleiking te beskerm.  

Beproef

Hey Gorgeous Coconut Revitalising Shampoo.
Beskikbaar by Faithful To Nature.

Hey Gorgeous Coconut Revitalising Shampoo deur Hey Gorgeous Skincare. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R215 vir 250 ml.

Sukkel jy met olierige hare? Maak so

Vrou met pragtige hare.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy in ’n gebied woon waar dit gereeld warm en bedompig is, is jou hare meer vatbaar vir nattigheid weens te veel droogblaas en stilering.

Die nattigheid in die lug kan veroorsaak dat jou hare op ongewenste tye krullerig en olierig raak. Oortollige nattigheid op jou kopvel skep ook ’n broeiplek vir bakterieë. 

Om jou hare teen vogtigheid, olie en krullerigheid te beskerm, is dit belangrik om produkte te kies wat help om jou hare weer te herstel. 

Kies produkte wat kolligeen, seringblom of hialuronsuur bevat. Die bestanddele sal jou hare vinnig regruk. 

Beproef

Ashaki The Miraculous Scalp Serum Therapy
Beskikbaar by Faithful To Nature.

Ashaki The Miraculous Scalp Serum Therapy deur Ashaki. Beskikbaar by Faithful to Nature teen R200 vir 50 ml. 

Lastige skilfers? Raak so daarvan ontslae

Vrou met pragtige hare.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy in ’n deel van die land woon waar die kouer weer onvoorspelbaar is, kan die uitwerking hiervan jou kopvel droog laat word en dit lei dikwels tot skilfers en 'n ongemaklike gejeuk. Moet jou nie bekommer as jy met ’n kriewelrige kopvel sit nie – jy is nie alleen nie. Baie mense ervaar dit, maar meer dikwels in die winter. 

Die oorsaak hiervan is 'n oorvloed malassezia, ’n swam wat op die kopvel van die meeste volwassenes teenwoordig is. Hittestileringstoestelle is nie die hoofoorsaak van skilfers nie, maar kan dit vererger.

Al is die hoofoogmerk om van skilfers ontslae te raak, wil jy ’n sjampoe hê wat nie te sterk op jou kopvel sal wees nie. Soek een wat nie jou hare se natuurlike vog sal stroop nie. 

Was jou hare twee of drie keer per week met teenskilfer-sjampoe wat bestanddele soos teeboomolie bevat. Dit beveg talle bakterieë, virusse en fungi.

Beproef

Hope’s Relief Conditioner.
Beskikbaar by Faithful To Nature.

Hope’s Relief Conditioner deur Hope's. Beskikbaar by Faithful to Nature teen R305 vir 200 ml. 

Bronne: Instyle.com, Sciencehowstuffworks.com, Prose.com, Faithful to Nature

Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees