Dís hoekom jy jou voete in die winter moet versorg

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die koue dae is hier en dis tyd om jou voete lekker snoesig en warm te hou. Dis wel belangrik om te onthou dat hoewel jy nie meer sandale dra nie, jy wel jou voete in die winter ook moet versorg. Ons kyk na vyf goeie voetversorgingswenke vir die winter.

1. Hou jou voete skoon

Voete wat versorg word.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vermy ingroei toonnaels, fungi of ander onplesierige voetprobleme deur jou voete elke dag goed te was. 

Was jou voete deeglik met seep en water. Neem die tyd om jou voete ook goed af te droog voordat jy sokkies en skoene aantrek. 

2. Kies die regte sokkies

Voete wat versorg word.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Gedurende die koue maande word jy aangeraai om gemaklike sokkies te kies wat jou voete warm en droog hou. Wol of ander materiaal wat die opbou van vogtigheid verhoed kan help om jou voete warm en droog te hou. 

Bou jou voete in winter te veel vog op? Bleekheid en geplooide tone is algemene tekens dat jou voete erg sweet. 

3. Week jou voete elke dan en wan

Voete wat versorg word.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Om jou voete te week kan wonders doen, veral as jy gereeld pyn in jou hakke of selfs algeheel ongemak in jou voete ervaar. 

Week jou voete in Engelse sout en warm water. Maak seker dat die water nie te warm is nie, veral as jou voete baie koud is. Dit kan lei tot beserings. 

Engelse sout verrig wonders vir moeë voete en beveg terselfdertyd ook infeksies. 

4. Bevogtig jou voete

Voete wat versorg word.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die lug in die winter is droog en dít gekombineer met gereelde verhitting in die huis kan lei tot gekraakte hakke en droë vel. Die splete wat op jou hakke ontwikkel as gevolg van droogheid kan in uiterse gevalle tot pyn, fungi of infeksie lei.

Bevogtig jou voete deur ’n goeie bevogtigende voetroom te gebruik ná jy uit die stort of bad klim.

Vermy dit om te veel room tussen jou tone aan te wend. Dit kan nattigheid veroorsaak wat tot infeksie kan lei. 

5. Vat ’n ruskans van naellak op jou toonnaels

Voete wat versorg word.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As daar ooit ’n tyd was om nie naellak aan jou toonnaels te smeer nie, is dit nou. Met toonnaels wat in die winter snoesig in sokkies of stewels weggesteek is, hoef jy nie skuldig te voel oor "naak" toonnaels nie. 

Om naellak-vry te gaan in die winter laat jou naels toe om bevogtigingsroom beter te absorbeer. Met die dat jy asitoon in dié tydperk verminder, verhoed dit ook dat jou toonnaels uitdroog. 

As jy naellak gebruik wat formaldehied bevat, sal die verminderde gebruik daarvan geel of verkleurde naels tyd gee om uit te groei en weer gereed te wees vir die warmer maande. 

Wenk: Week jou naels in warm water en suurlemoen om van geel of verkleurde naels ontslae te raak. Doen dit so gereeld as wat jy verkies vir die gewensde resultaat.

Bronne: wetreatfeetpodiatry.com, footfiles.com, allcarefootdoc.com

  • Bly op hoogte met die jongste skoonheid-, mode- en dekortrends! Sluit aan by ‘Huisgenoot’ se maandelikse nuusbrief “ Huisgenoot Mooi” vir die lekkerste leefstylstories en raad oor alles Mooi! 
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!  


Jongste uitgawe

11 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in