Dra vintage jeans nes prinses Diana – HG wys jou hoe

akkreditasie
Prinses Diana het geweet hoe om jeans goed te laat lyk. Jeans in vintage style is hierdie seisoen weer hoogmode. Ons kyk na vyf kere dat die rebelse prinses ons met haar denim-keuses geïnspireer het. Ons wys jou ook hoe jy dit kan dra.

Wyle prinses Diana het koninklike drag bemeester, maar op haar eie manier. Met sjiek snitte, gestruktureerde pakke of selfs ’n ontspanne voorkoms het sy haar stempel op mode afgedruk.

Die stylvolle ma van twee was nie jou tipiese koninklike nie, sy was die cool prinses wat selfs jeans ikonies kon maak. Vandag is vintage jeans beslis iets wat elke vrou in hul klerekas moet hê. 

Hier is vyf van ons gunsteling-oomblikke van prinses Diana in jeans – dis hoe jy dit ook kan dra. 

1. Denim op denim

prinses Diana
Foto: Gallo Images/Getty Images

Prinses Diana is tydens ’n vakansie in Oostenryk met dié sjiek denim op denim uitrusting gekiek; ’n kombinasie wat nie sommer uit die mode sal gaan nie. As jou figuur petite is, is dié kombinasie vir jou.

Dit gee volume aan die figuur, en dis baie vleiend saam met die regte tekstuur en kombinasie van denim. Vermy dit om verskillende skakerings denim saam te dra, dit kan slordig voorkom.

Dra byvoorbeeld wit jeans by ’n swart denimbaadjie vir ’n klassieke voorkoms. 

2. Hoëmiddel denim

prinses Diana
Foto: Gallo Images/Getty Images

Kyk net hoe gesofistikeerd en stylvol! 

Jeans met ’n hoë middel het uit die 1980’s gekom en weer vanjaar opslae in die modewêreld kom maak. Die item vlei byna elke figuur.

Dit trek lekker hoog op, lyk sexy en verbloem enige ongewensde rolletjies om die maag-area.

Dit gee ook vorm aan jou agterstewe en lyk mooi afgerond as jy dit saam met ’n formele hemp wil kombineer. As jy petite of appel-vormig is, kan jy ook boyfriend jeans met ’n hoë middel inspan om ’n modieuse voorkoms. 

3. Donker denim

prinses Diana
Foto: Gallo Images/Getty Images

Tydens ’n drie dae lange besoek aan Bosnië, het prinses Diana klassieke swart jeans vir dié ontspanne voorkoms uitgepluk. Elke vrou moet donker denim in haar klerekas hê.

Dis die perfekte oplossing as jy iets gemaklik en sjiek soek vir ’n vergadering of selfs vir ’n afspraak saam met jou liefie noudat ons sedert die inperkingsreëls verslap het weer restaurante kan besoek. As jy ’n uurglas figuur het, kies noupassende donker jeans.

Dit vlei die kurwes in al die regte plekke en gee lengte as jy aan die kort kant is. Vir voller figuur vroue is donkerblou noupassende jeans ’n goeie keuse.

4. Die oulike dungaree 

prinses Diana
Foto: Gallo Images/Getty Images

Prinses Diana ontspan by haar tuiste, Highgrove House, en lyk super oulik terwyl sy dit doen. Dungarees het sedert 2017 weer die rondes in modeland begin doen en was gewilder onder tieners.

Daar is wel niks verkeerd met ’n aan-die-gang ma wat ’n oulike dungaree wil inspan vir 'n ontspanne voorkoms nie.

As jy peervormig is, sal ’n dungaree die kurwes aan die onderste helfte van jou lyf goed beklemtoon. Kombineer dit saam met platform-tekkies en ’n bonkige trui vir ’n sjiek, klassieke voorkoms. 

5. Reguit snit denim

prinses Diana
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wat styl betref, was prinses Diana nie ’n groentjie nie, want om ruiterstewels saam met reguit jeans te kombineer, is beslis die werk van ’n gesoute modefoendie.

Die reguit-snit denim is perfek vir appelfigure. Dit beklemtoon die kurwes op die regte plekke en met ’n hoë middel sal dit sorg vir ’n sexy voorkoms. 

Bronne: British Vogue, Good Housekeeping, Arabnews.com, Vogue 

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees