Die herfs is hier, en hoewel jy dalk reeds na die sonnige dae en soel nagte van die somer verlang, bring die nuwe seisoen nuwe geleenthede om jou roetine aan te pas en kreatief te raak met grimering. Die koeler seisoen is die perfekte tyd van die jaar om donkerder kleure, treffender ooggrimering en meer mat afwerkings te beproef.
Gereed vir jou mooiste herfs nóg? Lees verder.
Dis ’n onfeilbare manier om jou voorkoms binne sekondes te omskep. Die herfs is ’n goeie tyd om rond te speel met skakerings wat donkerder is as wat jy gewoonlik dra. Dink pruim, sjokolade, bloedrooi of donkerpers.