Al ooit daaraan gedink om in die kombuiskas te gaan loer vir skoonheidsprodukte? Ons het van die beste en spa-gehalte-skoonheidsprodukte uit jou spens saamgestel.
Daar is byvoorbeeld jogurt se afskilferings-eienskappe wat ’n mens kan benut, heuning teen bakterieë wat puisies veroorsaak, en kakaopoeier wat jy vir ’n gloeiende gelaat kan gebruik.
“Namate die vel verouder, breek die voglagie af en dit lei tot droogheid en verswak die vel se immuniteit,” sê die velsorgkenner Jasmina Aganovic. Omdat bevogtiging die vernaamste velsorg in hierdie stadium is, sal ’n dekadente, antioksidant-gelaaide kakaomasker die vog help herstel en vir ’n jeugdige gelaat sorg.