Dis nou die ideale tyd om jou klerekas reg te ruk. Die inperking keer jou vas en jy is op soek na lekker doendinge tussen die mure van jou huis.
In chaotiese tye is daar boonop geen beter gevoel as dié dat jy wel ’n mate van beheer oor jou lewe het nie, al is dit net op klein skaal in jou eie leefruimte.
Weerstaan die aanloklike versoeking om heeldag in jou nagklere agter jou rekenaar by die huis te sit.