Hier is ons top-5-uitrustings vir die week – die pa-weergawe

akkreditasie
Gelukkige Vadersdag aan al die pappas! Dis ’n dag om die geskenk van pa-wees te vier, en vandeesweek kyk ons watter bekende pa’s se styl ons oog in die sosiale media gevang het.

1. Theodore Jantjies

Die 7de Laan-akteur weet ’n ding of twee wat mode betref. Die trotse pappa het hierdie foto in die sosiale media gedeel. Hemde met ’n paisleypatroon is hoogmode vir mans, en dié een is beslis baie mooi. 

2. Ivan Roux 

’n Swart T-hemp is ’n moet-hê in elke man se klerekas, en met ’n arm vol tatoes doen dié pa van twee syne gestand. Baie cool, Ivan! 

View this post on Instagram

Niemand sal jou kan stop as jy in jouself glo nie.

A post shared by Ivan Roux (@ivanrouxsa) on

3. Emo Adams

Kyk net hoe witwarm lyk die sanger, aanbieder en trotse pa van vier. Sy wynrooi baadjie lyk sjiek en stylvol by die denim. En Emo se vurige kyk na die kamera het daartoe bygedra dat dié uitrusting as een van die week se gunstelinge gekies is. 

4. Wayne Parnell

Die krieketster en pa van een het onlangs Liverpool, Engeland, besoek en sy uitrusting is perfek vir die koue weer. Ons is mal oor Wayne se straatstyl. 

5. Christian Bennett

Die Arendsvlei-akteur lyk omtrent modieus in dié foto wat hy onlangs gedeel het. Ons is gaande oor sy interessante jas. 


Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees