Stylecraft Bellissima Chunky is ’n standaard- sagte dik breidraad en is 100%-akriel met 145 m per 100 g-bol. Daar is verskeie Stylecraft-verskaffers landwyd.
Gaan na Stylecraft Yarns en klik op international stockist om jou naaste verskaffer te kry. As jy nie dié breidraad kan kry nie, kan jy Stylecraft Life Chunky, Stylecraft Special Chunky of Stylecraft Cosy Delight Chunky of ’n dik breidraad van jou keuse gebruik.
Dit is ’n goeie idee om die patroon saam met jou na die breidraadwinkel te neem wanneer jy die breidraad vir dié bykomstighede kies en na die aanbevole breipendikte en getal meter op die breidraadetiket kyk.