Ons weet hoe belangrik dit is om ons vel teen die son te beskerm en dat sonskerm help om donker vlekke en pigmentasie te verhoed. Maar om die regte sonskerm vir jou vel te koop kan ’n uitdaging wees.
Ons het raad.
Deesdae is onderlaag beskikbaar wat nes sonskerm ’n breëspektrumproduk is en jou hoë beskerming bied. Wend dit mildelik en eweredig aan jou gesig aan, maar onthou jy het steeds waterbestande sonskerm nodig wanneer jy swem of sweet.