SPOG MET JOU MIDDEL
Om ’n belt by jou voorkoms te voeg is een van die maklikste maniere om enige uitrusting goed afgerond te laat lyk. Omdat ’n belt die aandag na jou middel toe trek, is dit ook ’n goeie truuk om dié area te beklemtoon en definisie aan jou kurwes te gee.
Dit balanseer boonop ’n voorkoms wat andersins dalk nie sou werk nie, soos ’n lang kasjmiertrui saam met ’n midi-romp. As jy ’n tikkie glans by jou voorkoms wil voeg, kies ’n metaalbelt.