Gril jy vir jou voete? So ruk jy skurwe voete reg

akkreditasie
Foto's: Gallo Images/Getty Images
Foto's: Gallo Images/Getty Images
Dis somer en sandaaltyd. Maak self jou voete mooi met ons ses stappe vir ’n pedikuur tuis.

BENODIGDHEDE

  •   Skottel met ’n plat bodem wat minstens 30 cm in deursnee is, gevul met warm water
  •   Handdoek
  •   Voetweekmiddel of jelseep
  •   Voetskropmiddel
  •   Voetvyl of puimsteen
  •   Naelvyl
  •   Naelknipper
  •   Asetoonverwyderaar
  •   Watte
  •   Voetroom
  •   Naellak

1. WEEK

 Hierdie stap is belangrik omdat dit jou nie net laat ontspan nie; dit versag en reinig ook jou vel en toonnaels sodat dit makliker is om mee te werk. Voeg ’n voetweekmidddel, aromatiese olies of jelseep van jou keuse by die water. Week jou voete sowat 10 minute.

2. SKROP

Wend die voetskropmiddel aan; jy het vir elke voet net ’n muntstukgrootte-hoeveelheid nodig. Gebruik sirkelbewegings en vryf die middel sowat 1 minuut sagkens aan elke voet. Spoel met warm water af wanneer jy klaar is.

3. SKUUR

Gebruik ’n nat voetvyl of puimsteen en skuur liggies heen en weer oor die dele met eelte om dit glad te maak. Jy kan ’n bietjie seep aan die vyl of steen smeer as dit stram voel. Wees versigtig om nie te veel te skuur nie. Spoel jou voete af wanneer jy klaar is en druk dit droog.

4. KNIP EN VYL TOONNAELS

Knip jou toonnaels na die verlangde lengte en vyl dit om die kante glad te kry. As ou naellak oorbly, verwyder dit met die verwyderaar en watte.

5. BEVOG

Bevog jou voete deeglik met die voetroom. Dis ook die ideale tyd om jou masseervernuf te oefen – fokus op die dele waar jy die meeste ongemak verduur.

6. VERF JOU NAELS

Gebruik ’n klamlappie of watte met ’n asetoonverwyderaar om die voetroom van jou naels te verwyder. Plaas afskortinkies (soos watte) tussen jou tone en wend twee lae naellak aan. Wend heel eerste ’n basislaag aan om vlekke te voorkom, dan die kleur en rond dit daarna met ’n bolaag af vir ’n ekstrablink voorkoms.

EKSTRA BRONNE: womenshealthmag.com, livestrong.com, cosmopolitan.co.uk

  • Uit Huisgenoot 8 Desember 2016
Jongste uitgawe

11 Augustus 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees
Huisgenoot Eisteddfod

Wys jou talent en kry meestersklasse by bekendes!

Huisgenoot Eisteddfod
Is jou kind talentvol en lief vir die kunste? Skryf nou in vir Huisgenoot se splinternuwe aanlyn nasionale kunsfees.
Skryf nou in