KYK: HG kies top-5 uitrustings van SA bekendes dié week

akkreditasie
Foto's: Instagram/@bakedonline en @cindy_nell
Foto's: Instagram/@bakedonline en @cindy_nell
Dié plaaslike bekendes het vandeesweek omtrent die koppe laat draai met hul uitrustings. Hier is die top-5 bekendes wie se styl ons oog gevang het.

1. Bianca le Grange

Die kykNET-sepie Getroud met Rugby het vandeesweek hul 10de verjaardag gevier en bekendes het omtrent mooi gelyk. Die sangeres Bianca le Grange het behoorlik die kollig gesteel met daardie goue rok.

Bianca het soos ’n ware prinses gelyk, met 'n silwer haarband in haar hare. Dit is die soort rok wat die asem wegslaan. 

2. Aletté-Johanni Winckler

Die bedrywige ma van drie en vrou van die sanger Heinz Winckler weet hoe om die koue stylvol te trotseer. Die mengsel van dierepatrone is hoogmode dié seisoen en met dié uitrusting wys sy hoe dit gedoen moet word. 

3. Zetske van Pletzen 

Die donkerkopaktrise het soos ’n droom gelyk by die 10de verjaardagvierings van Getroud met Rugby. Aan die arm van haar man, die sanger en akteur Altus Theart, het Zetske ’n vloerlengte aandrok vol goue blinkers gedra. Die oop rug het omtrent aandag getrek. Kyk net hoe mooi. 


4. Aisha Baker 

Dié blogger en ma van een is aan die voorpunt wat mode betref. Aisha, die vrou aan die krieketster Wayne Parnell se sy, se styl is klassiek. Sy lyk super stylvol in dié ligbruin eenstuk; moenie die wit stewels miskyk nie!  

View this post on Instagram

Mood when it’s Gemini Season ?

A post shared by Aisha Baker (@bakedonline) on

5. Cindy Nell-Roberts

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou spog nie net met ’n korter kapsel nie; kyk net daardie denimbaadjie. Denimbaadjies is terug dié seisoen en Cindy lyk die ene ruk-en-rol met dié sjiek denimbaadjie en sonbril. 

Tot volgende week! 

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees