Kyk hoe skitter SA-bekendes by die New York-modeweek

akkreditasie
Serena Williams en modelle by die bekendstelling van haar klerereeks.
Foto: Instagram/@serenawilliams
Serena Williams en modelle by die bekendstelling van haar klerereeks. Foto: Instagram/@serenawilliams

As dit by styl en mode kom, weet van Suid-Afrika se glansryke skoonhede net hoe! Dis een van die grootste byeenskomste in die modewêreld en die voormalige Mej. Wêreld, Demi-Leigh Nel-Peters, en die huidige Mej. SA, Zozibini Tunzi,  het vandeesweek omtrent die koppe laat draai in New York.

Zozibini het die Sherri Hill-modeskou bygewoon en het omtrent sexy gelyk in ’n swart leernommertjie. 

Stiliste speel ook omtrent pop met Demi-Leigh en sy is in ’n paar stylvolle uitrustings gekiek. In die mees onlangse foto wat sy Woensdag in die sosiale media gedeel het, is sy in ’n geel blinker belaaide romp en wit toppie te sien. Die pragtige uitrusting is deur ontwerper Allen Schwartz bymekaar gesit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

3 Februarie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees