Linne is sjiek, gemaklik en gemaak vir die hitte. Die materiaal laat die vel asemhaal en laat lug tussen die vesels vloei wat die kleingoed koel sal hou in warm weer.
Jeans en kleurvolle broeke is gewild hierdie seisoen. Jeans is taai en kan rowwe speletjies weerstaan.
Skeurdetail is ook steeds in die mode. Dra dit saam met T-hemde en tekkies vir ’n prettige voorkoms vir bedrywige kleingoed.