Moeg vir spanbroeke en pantoffels? Hier is 5 oulike mode-idees vir die lente

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met dié dat baie mense weens die covid-19-pandemie deesdae die meeste van hul tyd tuis deurbring, het mooimaak ietwat van ’n uitdaging geword. Is jy onseker oor watter modes deesdae vuurwarm is? Hier is ’n paar idees waarmee jy jou styl dié lente kan opkikker.

1. Pasmaats

Pragtige vrou posseer vir 'n foto.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Dis heerlike lente, en wat is dan nou lekkerder as om die warmer weer met ’n oulike maksiromp en bypassende top te geniet? Blompatrone en skakerings van geel is hierdie seisoen baie gewild.

’n Uitrusting soos dié is veelsydig en kan maklik van ’n daguitstappie in ’n pragtige uitrusting vir ’n aandjie uit omskep word.

Kort spanbroeke en bypassende toppies is ook deesdae baie gewild. Dis boonop ’n opsie as jy nie juis mal is oor rompe nie. 

Ons keuse

Die Perpetue-romp deur Queenspark is veelsydig en kan vir enige geleentheid gedra word.

Beskikbaar by Homechoice teen R899.  

Romp.
Beskikbaar by Homechoice.

2. Dungarees bo!

Pragtige vrou posseer vir 'n foto.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Dungarees is ’n stapel-item in enige klerekas. Dis een van daardie tydlose kledingstukke wat jy jare lank kan dra. Dit gaan nooit uit die mode nie.

Of jy dit saam met jou gunstelingtekkies, hoë hakke of selfs stewels wil dra – dit lyk altyd supersjiek. 

Ons keuse

Die oulike Shauna-bloes deur Queenspark is perfek om onder jou dungaree te dra. Kombineer dit met ’n paar rooi hakskoene en ’n palmtas, en jy is gereed om die stad rooi te verf!

Beskikbaar by Homechoice teen R 399.  

Bloes.
Beskikbaar by Homechoice.

3. Sexy in kunsleer

Pragtige vrou posseer vir 'n foto.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Kunsleer het vanjaar omtrent die ronde gedoen in modeland, en dis nog nie tyd om dit weg te pak nie. Kunsleer kan sjiek lyk vir enige tyd van die dag. Of dit nou ’n broek, rok of selfs ’n eenstuk is, ’n kunsleer-item is ’n moet. 

Ons keuse 

Dis altyd ’n goeie idee om ’n bietjie meer geld op ’n ordentlike leerbaadjie te spandeer. Dié soort item kan vir baie jare gedra word. 

Die HC Alexis-leerbaadjie. Beskikbaar by Homechoice teen R 1899

 Baadjie
Beskikbaar by Homechoice.

4. Wit tekkies

Pragtige vrou posseer vir 'n foto.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Wit tekkies is veelsydig en tydloos. Jy kan dit by omtrent elke uitrusting en patroon dra. Dis ook lekker gemaklik en ontspanne as jy beplan om die dag op jou voete deur te bring. 

Is jou tekkies dalk nie meer so wit soos toe jy dit gekoop het nie? Dis hoe jy jou wit tekkies weer vars kan laat lyk.

Ons keuse 

Dié supersjiek wit tekkies deur Fila is klassiek en kan by enige uitrusting gedra word. 

Beskikbaar by Homechoice teen R999.  

Wit tekkies.
Beskikbaar by Homechoice.

5. Mooi in ’n maksirok

Pragtige vrou posseer vir 'n foto.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Maksirok is ’n moet-hê-item vir jou klerekas vir die lente. Jy kan dit selfs met ’n oulike T-hemp daaronder kombineer vir ’n meer ontspanne voorkoms.

As die aand koel raak, kan jy ’n denimbaadjie oor jou skouers gooi. Moet ook glad nie bang wees om met kleur rond te speel nie.

Helder kleure soos oranje, geel, groen en pienk is vanjaar baie gewild.

Ons keuse

Sagte blompatrone is hoogmode dié seisoen. Ons is mal oor die Lorien-maksirok deur G. Couture. 

Beskikbaar by Homechoice teen R 899

Maksirok.
Beskikbaar by Homechoice.

As jy die afgelope ruk aan mode-moegheid gely het, hoop ons dié klerekas-idees help om jou weer vol in die modekol te laat voel.

Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees