
1. Kate Middleton
Die hertogin van Cambridge word dikwels in pragtige skakerings van blou gesien, maar dié sagte knielengte rok is besonders asemrowend. Kate het Sondag die eer gehad om die Wimbledon-trofee te oorhandig en het geskitter in dié Emilia Wickstead-rok.
En as jy van haar skoene gehou het, is dit nie heeltemal buite jou bereik nie – blykbaar is dit by jou plaaslike Aldo-skoenewinkel te koop.
2. Beyoncé
Die geeltapyt is verlede naweek in Londen uitgerol vir die voorskou van The Lion King, en Queen Bey het weereens die koppe laat draai. Die Vietnamiese ontwerper Nguyen Cong Tri weet beslis wat hy doen, want sy het soos ’n droom gelyk in dié goue skepping.
3. Aimee Kitshoff
Die Kitshoffs kuier in Frankryk, en kyk net hoe straal die skoonheid! Aimee, vrou van die Springbok Steven Kitshoff, wys ons presies hoe om ’n beret te dra. Ons is dol oor die uitrusting.
4. Meghan Markle
Meghan Markle het geweet sy gaan Beyonce ontmoet . . . . is dit ons verbeelding of het Megs 'n bietjie inspirasie van Audrey Hempburn gekry toe sy dié nommertjie gekies het? Sy het die knielengte- Jason Wu-rok met swart Aquazzura-hakskoene en ’n Gucci-palmtas gekombineer.
Die nuwe ma het eenvoudig maar steeds baie elegant gelyk vir dié geleentheid.
5. Aletté-Johanni Winkler
Swangerskap pas duidelik by dié verwagtende ma van 3, want sy straal omtrent in die mooi kiekie wat sy Woensdag op Instagram gedeel het. Die rooilipstiffie breek die koelkleurige uitrusting. Ons kan nie wag om te sien hoe die stylvolle ma die res van haar swangerskap gaan lyk nie.