Daar’s niks beter as om jou skoonheidsgewoontes te verfris en nuwe lewe in jou daaglikse roetine te blaas nie. Dit kan wissel van jou geliefde skoonheidstoerusting skoonmaak tot om vars nuwe toevoegings aan te skaf.
Hier verduidelik ons jou hoe jy jou skoonheidsprogram kan aanpas vir die sonniger dae wat voorlê.
Een van die moeilikste dinge om te doen, veral as jou voorraad vir jou baie kosbaar is, is om dit weg te gooi. Maar die items hét ’n vervaldatum, en as jy dit ná hierdie datum aanhou gebruik, loop jy die gevaar vir puisies en bakteriële infeksies.