1. Minki van der Westhuizen
Dié ma en aanbieder straal behoorlik in dié pragtige rok. Die rok is eenvoudig en die snit is vleiend. Sy het lieflik gelyk.
2. Pearl Thusi
Die aktrise en glansvrou is slaggereed vir die lente. Kyk net daardie bypassende top en broek en die pragtige Chanel-espadrilles. Dis vuurwarm.
3. Demi-Leigh Nel-Peters
Vir dié uitrusting het die voormalige Mej. Heelal omtrent die kloue uitgebring; op 'n mooi manier. Ons is gaande oor die rooi lipstiffie. Dié luiperd-patroonrok is asemrowend en Demi-Leigh lyk beeldskoon.
4. Zozibini Tunzi
Pragtig in pienk. Dié skoonheid wat onlangs as die nuwe Mej. Suid-Afrika gekroon is, blom behoorlik terwyl sy haar nuwe pligte aanpak.
5. Tarryn Lamb
Eenvoudig en modern met ’n besige patroon - wie anders as dié donkerkopsangeres om dié nommertjie te dra. Die eenvoudige oorbelle, hare en grimering rond die uitrusting volmaak af.
Wie gaan volgende week ons oog vang? Ons kan skaars wag!