book-icon Uitgawe 8 Oktober 2020

Ruk jou hare reg vir die somer met dié 12 wenke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Die dae raak warmer en ons het ons truuks afgestof om jou hare somergereed te kry.
hare
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

1. DIE PONIESTERT

Maak ’n poniestert met ’n kinkel.

“Vuil hare is die perfekte basis vir ’n poniestert,” sê Mark Hampton, ’n haarambassadeur vir Toni & Guy. Maak ’n lae poniestert deur die hare terug te kam na die agterkant van jou nek en los ’n klein stukkie daarvan los. Maak vas met ’n haarrekkie, en draai dan die oorblywende los stukkie om die rekkie en steek dit vas. 

2. LOS DIE SJAMPOE

Jy stem waarskynlik heelhartig saam dat droë sjampoe die beste haaruitvindsel ooit is. Raak ontslae van enige olierigheid deur jou kop onderstebo te hou en droë sjampoe aan die wortels aan te wend en pluiskam dit met jou vingerpunte.

Skud nou jou welige krulle uit. 

skoonheid,hare
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images


3. VINNIG DROOG

As jy vinnig iemand moet ontmoet nadat jy geswem of gestort het, gebruik kombuispapier vir uitstekende absorpsie. Hou daarvan in jou handsak.

4. WAS DIE KUIF

Dié truuk sal net werk as jy ’n kuif het. Kam jou hare agteroor in ’n gladde poniestert en was net jou kuif en blaas dit droog.

’n Kuif lyk altyd gouer olierig en vuil as die res van jou hare, en dit is ’n kitsoplossing dié.

skoonheid,hare
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

5. SPEEL KLAAR MET GESPLETE PUNTE

“Al manier om gesplete punte reg te stel is om dit af te knip,” sê die saloneienaar Brad Ngata.

As die skade verder strek, gebruik jou vingers om te kyk hoe ver dit strek en knip dan die gesplete punte met ’n nael-skêr af.

6. HAARBAND-MOOI

Haarbande is nou gewild en ’n maklike manier om jou hare mooi te laat lyk. En jy kan boonop met die plastiekweergawes swem.

skoonheid,hare
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images


7. LAAG OP LAAG

“Alle haarsoorte kan nou by ’n paar lae baat vind,” sê Brad. “Korter lae rondom jou gesig sal verseker jou hare lyk goed wanneer jy uit die swembad klim of windverwaai is.”

8. WORTEL-REGRUK

Met die jongste aanspuitkleur-middels op die rakke is daar geen verskoning vir onooglike wortels nie. Vind by jou haarkapper uit watter skakering op jou gebruik is en kies dan ’n soortgelyke skakering (teen heelwat goedkoper) van die winkelrakke. Die afronding moet foutloos lyk. 

9. DIE REGTE OLIE

Jy het waarskynlik nooit gedink “hare” en “olie” in dieselfde asem kan iets goeds wees nie. Dié produk is jou haredos se nuwe redding. Wend aan klam hare aan en laat dit natuurlik droog word. Dit sal jou hare opknap en salon-sag laat ná ’n dag in die buitelug. 

skoonheid,hare
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images


10. HULP VIR DROË HARE

Wil jy nie nog geld aan haarprodukte bestee nie? Probeer hierdie bekostigbare oplossing vir droë hare tuis: Meng ’n eier, ’n eetlepel olyfolie en ’n kwart komkommer in ’n voedselverwerker. Bedek jou hare met die mengsel en los dit 10 minute aan.

Spoel af met warm water en jy sal ’n sagter, blink haredos hê.

11. REDDING VIR DROË HARE

As jou hare leweloos en droog lyk, het dit waarskynlik ’n gebrek aan vog. Gee dit ’n kitsoplossing met inbly-opknapper nadat jy dit gewas het; die bestanddele in die produkte sal heeldag wonders verrig.

12. SEËL JOU KLEUR

Hitte en son laat haarkleur oksideer, wat dit droog laat lyk. Seël die kleur en bevog dit met keratienbehandelings. Dit sal help om ’n proteïenskerm te vorm wat hare makliker maak om te stileer en dit minder kwesbaar vir hitte en oksidasie maak.

Beproef

Produkte.
Beskikbaar by Faithful To Nature.

1. Dr. Hauschka Hair Oil deur Dr. Hauschka. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R199 vir R30 ml.  

2. Southern Soul Dry Shampoo Powder deur Southern Soul. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R39, 90 vir 60 g.  

3. Hey Gorgeous No More Chlorine Hair Mist deur Hey Gorgeous No More Chlorine Hair Mist. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R140 vir 225 ml.  

4. Africa Organics Mongongo Conditioner for Treated Hair deur Africa Organics. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R88,99 vir 200 ml. 

5. Hey Gorgeous Vanilla Conditioning Treatment deur Hey Gorgeous Skincare. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R189 vir 250 ml.

6. True Evoo Olive Oil deur True Evoo. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R209 vir 750 ml.  

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op Facebook, Twitter, Instagram en TikTok, en teken gerus in op ons nuusbriewe

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees