Sjiek en stylvol – HG kies die week se top-5-uitrustings

akkreditasie
Foto's: Instagram
Foto's: Instagram
Van Sue Duminy wat haar gate uit geniet in Londen, tot Kim Kardashian wat deftig lyk in ’n broekpak, bekendes het omtrent vandeesweek hul beste voetjie voor gesit op die modefront.

1. Sue Duminy

Sue, vrou van die Protea-krieketster JP Duminy, het op Instagram verklap dat dit lekker is om weer in Londen, Engeland, te kuier, en haar oulike uitrusting het ons oog gevang. Die ma van twee ken haar storie as dit by mode kom. Die kombinasie van ’n T-hemp by dié romp is baie sjiek en ontspanne. 

View this post on Instagram

Always good to be back in London Town ????

A post shared by Sue Duminy (@sueduminy) on

2. Kim Kardashian 

Kim Kardashian West het die Withuis in Amerika besoek, en in daardie pak kan sy sommer self as die president van mode ingesweer word. Van die blink Hermes-handsakkie tot die Carolina Lemke-sonbril, ons is mal oor die uitrusting!

3. Aimee Kitshoff

Die blonde skoonheid het ’n foto in die sosiale media gedeel waar sy beeldskoon lyk aan die arm van haar man, die rugbyspeler Steven Kitshoff. Geplooide rompe is hoogmode, en die manier waarop Aimee dit met ’n swart top en goue palmtas kombineer, het die kollig gesteel. Die paartjie is tog te pragtig! 

4. Rihanna

Rihanna: sangeres, magnaat, besigheidsvrou en koningin van styl. Die Work-sangeres lyk ongelooflik in een van haar eie Fenty-skeppings. Rihanna weet presies hoe om die kollig te steel. Dis nou wat jy stylvol en sexy noem!

Rihanna
Foto's: Instagram/@badgalriri

5. Aisha Baker

Kyk daardie oulike pinafore! Die blogger, styl-ikoon en ma is nou maar eenmaal beeldskoon en weet ’n ding of twee van mode. Ons is gaande oor die uitrusting. Vuurwarm Aisha! 

View this post on Instagram

When the tea is exceptional ?? ???

A post shared by Aisha Baker (@bakedonline) on

Ons kan nie wag om te sien wie volgende week ons asem gaan wegslaan nie. 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees