Jy is nooit te oud om iets nuuts te leer nie – dié gesegde is veral waar wat grimering betref. Of jy ’n skoonheidsgroentjie of ’n meester met die grimeerkwas is, jy kan altyd baat vind by wenke wat jou skoonheidsroetine makliker en prettiger sal maak.
Dit sal jou trouens laat wonder: “Hoekom het ek nooit daaraan gedink nie?” Volg hierdie grimeerwenke en almal sal gou dink ’n span kundiges het jou onder hande geneem.