Só kan koffie jou hele skoonheidsroetine opkikker

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Vir sommige is dit moeilik om die dag sonder ’n vuurwarm koppie boeretroos te begin, maar dié heerlike bederf hou ook talle skoonheidsvoordele in.
koffie,skrop
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Daar word gereeld gekoer oor die ongelooflike gesondheids- en skoonheidsvoordele van rooibostee en groentee, maar nie veel oor koffie nie. Van verminderde selluliet tot beeldskone vel, hier is vyf skoonheidsvoordele wat koffie inhou. 

1. Beeldskone en helder vel

koffie,skrop
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy weet hoe koffie jou daardie ekstra hupstoot gee om die dag aan te durf? Dis presies wat koffie vir jou vel doen. Wanneer dit as ’n masker aangewend word, bevorder koffie se stimulerende eienskappe bloedsirkulasie wat sorg vir ’n helder en stralende gelaat.

Vir ’n tuisgemaakte masker, meng ’n kwart teelepel kitskoffie (fyngemaal) met een eetlepel jogurt – verkieslik natuurlike of vanielje gegeurde jogurt. 

Maak seker die mengsel is kamertemperatuur en masseer dit by die gesig en die nek in. Hou dit vyf minute lank aan. Spoel met warm water af en geniet jou helder, sagte vel. 

Moenie dié masker meer as twee keer per week herhaal nie. 

Beproef

Rosetta Roastery - Indonesia Frinsa Anaerobic #1. Beskikbaar by Capecoffeebeans.co.za teen R220 vir 250 g.  

Beskikbaar by Cape Coffee Beans.
Beskikbaar by Cape Coffee Beans.

2. Weg met ‘lemoenskil’

koffie,skrop
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Al ooit gewonder hoe die voormalige Bond-meisie en aktrise Halle Berry se vel op 53 steeds so ongelooflik foutloos lyk? Haar skoonheidsgeheim is gemaalde koffiebone.

Die ma van drie voeg dit by haar lyfseep en gebruik dit as ’n skrop om selluliet te verminder. Die gemaalde koffiebone sowel as die kaffeïen bevorder bloedsirkulasie en help om die vel sagter te maak.

Halle Berry
Halle Berry Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy nie die koffie met jou lyfseep wil meng nie, kan jy dit ook met water meng en as ’n lyfskrop gebruik.

Vir nog ’n anti-selluliet lyfskrop, kan jy gemaalde koffiebone met ’n eetlepel olyfolie en suiker meng. Masseer dié pasta by die betrokke area in. 

Beproef

Hario Mini-Slim Plus Manual Coffee Grinder. Beskikbaar by Capecoffeebeans.co.za teen R769. 

Beskikbaar by Cape Coffee Beans.
Beskikbaar by Cape Coffee Beans.

3. Pofferige oë? Nee, dankie 

oe,koffieskrop
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Laatnag agter die rug? Gebruik koffie – drink ’n koppie én maak ’n mengsel wat sommer vinnig van pofferige oë ontslae sal raak. 

Neem ’n teelepel fyngemaalde koffiebone en dompel ’n vel kombuispapier daarin.

Plaas die klam kombuispapier sowat 20 minute lank oor jou oë. 

Beproef

Rosetta Roastery - Colombia Planadas Collective. Beskikbaar by Capecoffeebeans.co.za teen R175 vir 250 g.  

Beskikbaar by Cape Coffee Beans.
Beskikbaar by Cape Coffee Beans.

4. Sagte voete 

koffie,skrop
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Growwe hakke is ’n groot irritasie en kort elke af en toe ’n ekstra bietjie liefde en aandag. Raai wat kan help? Koffie!

As jou voete ’n behoorlike skrop nodig het, meng ’n kwart koppie fyngemaalde koffiebone met seesout of Engelse sout en ’n eetlepel olyfolie. 

Gebruik dié mengsel en skrop jou voete deeglik. Beslis ’n tuisbederfie om te probeer.

Beproef

Kleinbergskloof Olive Oil deur Kleinbergskloof. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R165 vir 500ml.  

Beskikbaar by Faithful To Nature
Beskikbaar by Faithful To Nature.


5. Sysagte lippe

koffie,skrop
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Winter is om die draai, en dis die tyd van die jaar waar jou lippe spesiale sorg en aandag nodig het. Hoewel daar verskeie oorsake is, is droë lug die algemeenste rede, en die ongemak van stywe, geskeurde lippe is geen pret nie. 

Vir droë lippe, meng sowat ’n teelepel fyngemaalde koffiebone met ’n paar druppels klapperolie. Smeer die mengsel sagkens aan jou lippe en verwyder met ’n klam waslap ná sowat vyf minute. 

Beproef

Lemcke Organic Virgin Coconut Oil deur Lemcke Fine Oils. Beskikbaar by Faithful To Nature teen R109 vir 500 ml. 

Beskikbaar by Faithful To Nature.
Beskikbaar by Faithful To Nature.

Die behulpsame wenke laat ’n mens sommer anders na jou koppie boeretroos kyk! 

Bronne: TimesofIndia.com, Byrdie.com, VeryWellHealth.com, Bethbenderbeauty.com

Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees