1 Keramiekplanthouer en 2 teepot stilis se eie. 3 Beker R59,99, MRP Home. 4 Metaalskinkbord R149, 5 kraffie R229 en glas R79,99, H&M. 6 Keramiekplanthouer, 7 bak en 8 bord stilis se eie. 9 Bekers R35 elk, @home. 10 Koffiedompelpot R189,99, MRP Home. 11 Metaalbak R79,99, H&M. 12 Keramiekhouer R59,99, MRP Home. 13 Granietvysel en -stamper R239, @home. 14 Mandjie R149, H&M. 15 Broodblik R329,99, MRP Home. 16 Skeplepel, gaatjieslepel en panspaan R99 elk en 17 akrielgereedskapshouer R169, @home. Foto: Misha Jordaan
Metaalkleurige kombuisware wat prakties en versierend is, verdien om gesien te word, byvoorbeeld op swewende rakke. Swart kaste en donkergrys werkoppervlakke sal sorg dat metaalkleurige items die aandag kry wat dit verdien. Voeg plante of kruie by vir ’n bietjie kalmerende groen om die voorkoms te anker.
’n Paar silwer, goue en stofpienk items sal jou badkamer warmte gee. Donker tekstuurryke teëls sal met koeler silwer skakerings ’n kontras skep. ’n Mengsel van warm en koel tone, van goud en hout tot silwer en grys, sal jou badkamer weelderig en gemaklik laat voel. Metale en spieëls is ’n wenkombinasie; albei weerkaats lig en laat ’n vertrek groter en helderder lyk.
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Registreer maklik met slegs jou e-posadres en ontvang ons gratis nuusbriewe
Boeiende nuus- en mensestories, weeklikse resepte, inhoud wat die lewe vir ouers en skoolkinders makliker maak, heerlike stories oor hartsake en bekendes, leesstof vir ons boekklub, en wenke oor mode, skoonheid, dekor en jou leefstyl. Kry dit als in ons daaglikse, weeklikse en maandelikse nuusbriewe.