Deel

Só wend jy jou skoonheidsprodukte in die regte volgorde aan

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Goeie velsorgroetine is bo-aan baie van ons se selfsorglysie, maar hoe presies wend jy al hierdie produkte aan? En waarvoor word watter roompie gebruik?
Skoonheidsprodukte
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy het nie ’n ingewikkelde velsorgroetine met ’n horde stappe nodig om jou vel daagliks op sy beste te laat lyk nie. Hieronder verduidelik ons watter produkte jy benodig en in watter volgorde jy dit moet inspan.

  • Reiniger
  • Verfrisser (toner)
  • Serum
  • Oogroom
  • Bevogtiger
  • Gesigolie/Reinigingsolie
  • Sonskerm

1. Reiniger

Die belangrikste stap na ’n mooi gelaat is reiniging. As jy jou vel deeglik skoonmaak, verwyder jy die dooie selle en dit hou jou vel vars. Skoon vel reageer ook beter op velsorgprodukte.

2. Verfrisser 

Verfrisser het in die verlede altyd alkohol bevat wat tot irritasie en rooiheid kon lei, maar nou is daar ’n groot verskeidenheid verfrissers beskikbaar wat van natuurlike en voedsame bestanddele gemaak is. Dis vol bevogtigende eienskappe wat help met die behandeling van aknee en puisies. 

“’n Verfrisser moenie swaar voel nie. Die doel daarvan is om jou vel voor te berei sodat die ander produkte behoorlike geabsorbeer kan word,” sê dr. Mona Gohara, ’n dermatoloog en dosent verbonde aan die Yale-universiteit se mediese fakulteit. 

Skoonheidsprodukte
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Serum

As jy sigbare resultate soek, is ’n serum noodsaaklik. Serum penetreer die vel dieper en help dit om ander produkte soos jou bevogtiger beter te absorbeer.

4. Oogroom

Gebruik ’n oogroom  wat vitamien C, peptiede en retinol bevat. Room met komkommer in help met pofferige oë, want die komkommer verbeter sirkulasie.

Gebruik jou ringvinger om dit sagkens onder en rondom jou oë aan te wend in ’n opwaartse sirkelbeweging. Moenie dit naby die wimperlyn en binnehoeke van die oë smeer nie. Tik dit liggies aan tot die room geabsorbeer is. 

Skoonheidsprodukte
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Bevogtiger

In die somer kan jy ’n ligte bevogtiger aanwend om te sorg dat jou vel koel en bevogtig voel. Verander jou bevogtiger van ’n room na ’n jelbevogtiger vir warmer seisoene. Die vel absorbeer jelbevogtiger vinniger en beskerm die vel.

6. Gesigolie/Reinigingsolie

Reinigingsolies laat die vel sag en soepel voel. Dit werk vir alle velsoorte en is veral goed vir droë vel. Dit verwyder grimering maklik, insluitend hardnekkige produkte.

Reinigingsolies kan voor ’n gewone reiniger vir gebruik word vir ’n dubbeldosis reiniging. 

Skoonheidsprodukte.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

7. Sonskerm

Kies ’n produk met ’n hoë sonbeskermingsfaktor (SBF) om jou vel teen fyn plooitjies, pigmentasie en velkankers in die toekoms te beskerm, sê die dermatoloog dr. Li-Chuen Wong. 

Wend SBF ná jou serum en vogroom aan, maar vóór jou onderlaag, en gebruik die regte een vir jou veltipe. As jou vel sensitief is of geneig is tot aknee, kies ’n ligter jel, room of melkagtige produk. 

Beproef

Produkte
Alle produkte beskikbaar by Faithful to Nature.

Ekstra bronne: Cosmopolitan, InStyle, Dermastore.com
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in!

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

23 Maart 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees