Steel haar styl: Dra só prinses Di, Meghan en kie se pragringe

akkreditasie
Is jy op soek na ’n asemrowende geskenk vir ’n spesiale geleentheid? Of beplan jy dalk binnekort om die vrou van jou drome die ja-woord te vra? Of is jy dalk net op soek na ’n spesiale geskenk om jou huweliksherdenking te vier? Dié glansvroue se ringe inspireer beslis! Ons kyk na vyf pragringe wat nie die bank sal breek nie.

Prinses Diana 

Prinses Diana se se pragtige ring.
Foto's: Gallo Images/Getty Images.

Op 6 Februarie 1981 het prins Charles vir Lady Diana Spencer die jawoord gevra sonder ’n ring. Charles het Diana haar eie verloofring laat kies en haar keuse was dié ikoniese saffier-en-diamantring deur Garrard.

Dié pragstuk pronk vandag aan die vinger van wyle prinses Diana se skoondogter Kate Middleton. 

Het jy iets soortgelyk in gedagte vir jou spesiale persoon? 

Ringe
Beskikbaar by American Swiss.

Ons is mal oor die nege karaat roosgoud London Blue topaas-en-diamant ring deur American Swiss. Dié smarag-snit ring het ’n diamantgewig van 0,5 karaat, afgerond met ’n milgrain-ontwerp band. Dié snit is modern, maar tog klassiek en sal enige vrou se voete onder haar uitslaan.  

Kyk en koop.

Lady Gaga

Lady Gaga se pragtige ring.
Foto's: Gallo Images/Getty Images.

In 2018 het dit behoorlik gegons toe Lady Gaga (35) haar verlowing aan haar reklameagent, Christian Carino, aangekondig het. En die ring was onvergeetlik! Dié knoets bevat ’n pienk saffier van ongeveer ses karaat wat met diamante omring is.  

Is jy op soek na iets soortgelyk?  

Ringe
Beskikbaar by American Swiss.

Ons is gaande oor hierdie nege karaat pienk toermalyn solitêrsteenring wat met diamante omring is. Dis romanties en gepas vir iemand met 'n tydlose styl.    

Kyk en koop. 

Meghan Markle

Meghan Markle se pragtige ring.
Foto's: Gallo Images/Getty Images.

As dit by styl en bykomstighede kom, is Meghan Markle altyd voor in die modekoor. Sy word dikwels met die oulikste ringe aan haar vingers gekiek. In 2018 het dit behoorlik gegons onder Hollywood glansvroue oor Missoma-juwele. Meghan (39) is self 'n groot aanhanger van hul juweliersware.

Die stylvolle hertogin van Sussex is ’n ware modeleier.

Steel haar styl – vir minder! As jy ’n aanhanger van elegante ringe is, is dié blom-geïnspireerde ringe die perfekte keuse vir jou.

Ringe
Beskikbaar by American Swiss.

Dié ringe is van tussen nege en 18 karaat wit- en roosgoud gemaak en met diamante afgerond in hul unieke ontwerpe.  

Kyk en koop

Anne Hathaway

Anna se pragtige ring.
Foto's: Gallo Images/Getty Images.

Die 38-jarige aktrise van The Princess Diaries-faam het in 2012 in ’n sprokiestroue afgehaak met die akteur en rolprentvervaardiger Adam Shulman en haar diamant-trouring is gepas vir ’n prinses. Anna spog met ’n elegante katedraal-styl troupand met ’n langwerpige smaragdiamant in die middel. Dié snit is klassiek en perfek vir enige bruid. 

Dol oor die ring?

Pragtige ringe.
Beskikbaar by American Swiss.

Hierdie vintage-geïnspireerde 9 karaat witgoud-stel is perfek as jy op soek is na iets soortgelyk aan Anne se ring. Die asemrowende stel bevat ’n diamant in die middel en is met kleiner diamante omring.

Die onderste band komplementeer die boonste een met sy marquise-snit diamant-detail.

Kyk en koop.

Emma Stone

Emma stone se pragtige ring.
Foto's: Gallo Images/Getty Images.

Die aktrise Emma Stone (32) is onlangs vir die eerste keer sedert die uitbreek van covid-19 op die rooitapyt gekiek. Die glansvrou wat die rol van Cruella de Vil speel in die nuwe Disney-fliek Cruella, was uitgevat in ’n donker pak en wit bloes wat sy met ’n rooi Petite Malle-palmtas deur Louis Vuitton afgerond het. En aan haar vinger het ’n pragtige goue stel ringe gepryk.

Die ringe is eenvoudig, dog elegant en het ’n bypassende band. 

Is jy ’n aanhanger van minimalistiese sjiek ringe? Ons het die perfekte keuse vir jou. 

Pragtige ringe
Beskikbaar by American Swiss.

Dié nege karaat goue marquise-snit kunsdiamant met goue band is minimalisties, met ’n tikkie glans. Vir ekstra swierigheid kan jy dié nege karaat goue solitêrsteen ring daarmee kombineer en die twee as ’n stel dra.

Dis omtrent sjiek en gepas vir enige geleentheid om jou geliefde spesiaal te laat voel.  

Kyk en koop

Ekstra bronne: Oprahdaily.com, Insider.com, You.co.uk, Ringspo.com, Refinery29.com, American Swiss

Jongste uitgawe

19 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees