Sue, vrou van die Protea-krieketster JP Duminy, en haar oudste dogter, Isabella, se ma-en-dogter-styl maak die hart behoorlik warm, maar dis ook die pragtige Isabella wat nie bang is om saam met haar ma model te speel nie.
Volgens Sue was hul dieselfde aantrekkery glad nie beplan nie, maar Isabella is mal daaroor. “Ek het soortgelyke klere in haar kas as in my klerekas gesien en ons het dieselfde begin aantrek,” vertel sy.