Sedert sy as die internetsensasie Katinka die Kat begin naam maak het, is dié blondine ’n suksesvolle sakevrou wat al met sowat 120 000 volgelinge op Instagram spog.
Maar selfs vir haar was dinge nie so perfek soos dit op sosiale media voorkom nie, vertel Katinka.
“Ek het verlede jaar Oktober deur ’n paar leefstylveranderinge gegaan toe ek besef het ek maak slegte keuses. ’n Mens sê altyd ‘ek kan nie hierdie gewig verloor nie’, maar toe sê iemand vir my: ‘Katinka, jy is net sleg in beplanning.’”