Van Kate tot Minki – HG kies die week se topuitrustings

akkreditasie
Nog ’n week is verby en bekendes was omtrent bedrywig, maar nie te bedrywig om superstylvol te lyk nie - van die Royal Ascot wat vandeesweek in Engeland gehou is tot plaaslike bekendes wie se styl ons oog gevang het. Hier is ons topvyf beste uitrustings van die week.

1. Kate Middleton

Die hertogin van Cambridge het omtrent die koppe laat draai by vanjaar se Royal Ascot. Kate het behoorlik gestraal in ’n pastelblou skepping deur die ontwerper Elie Saab.

Sy het ’n bypassende hoed by die pragtige uitrusting gedra en daaronder het 'n mooi gevlegte haarstyl weggekruip. Die uitrusting is omtrent iets uit ’n sprokiesprent. 

Kate Middleton
Foto's: Gallo Images/Getty Images

2. Minki van der Westhuizen

Die beeldskone ma van drie en aanbieder van die geselsprogram Minki het Woensdagaand pragtig gelyk in dié groen trui wat met 'n bruin belt gekombineer is. Die kolletjiesrok was die kersie op die koek. Mooi bly maar mooi. 

3. Rolanda Marais

Die aktrise het Donderdag ’n throwback foto van haarself in die sosiale media gedeel waar sy sê hoe dol sy is oor dié denimrok en kort hare. Ons stem heeltemal daarmee saam. Die uitrusting is klassiek en ons is veral gaande oor haar hare.  

4. Sofia Richie 

Die model en dogter van die sanger Lionel Richie het seker gemaak sy word nie misgekyk in dié treffende geel pak nie. Die subtiele hare en grimering vul dié uitrusting volmaak aan. Vuurwarm, Sofia! 

View this post on Instagram

????

A post shared by Sofia Richie (@sofiarichie) on

5. Terry Pheto 

Die aktrise lyk soos ’n moderne prinses in dié eenskouer- steenkoolkleurige rok. Ons is mal oor die kleur van die rok en hoe beeldskoon Terry op die foto lyk.

Jongste uitgawe

21 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees