Van prinses Diana tot Kate Middleton: Watter koninklike glansvrou is jou styl-tweeling?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ons het al hierdie koninklikes in die mooiste rokke voor die kansel sien staan, en wat hul uitrustings betref, haal hulle omtrent uit en wys. Van wyle prinses Diana se ikoniese swart nommertjie tot die hertogin van Cambridge se onlangse modetreffers – kyk met watter koninklike styl-ikoon jy ’n modesmaak deel.

1. Tydloos: Prinses Diana

Sy was die prinses van die mense, ’n geliefde koninklike en gerespekteer soos geen ander nie – een wat ewe veel geloof was vir haar skoonheid en elegansie as haar nederigheid en goeie hart.

Prinses Diana.
Foto: Gallo Images/Getty Images

Prinses Diana het gesorg vir mode-oomblikke wat tydloos is, en vandag onthou ons steeds talle oomblikke waar die stylvolle ma van twee die koppe laat draai het. As klassieke mode-items soos ’n swart rok, jeans met ’n hoë middel of selfs stylvolle hemde in jou smaak val, is prinses Diana beslis jou styl-tweeling. 

Prinses Diana.
Prinses Diana. Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Elegant: Catherine, die hertogin van Cambridge

Die hertogin van styl het onlangs die asems weggeslaan met haar stylkeuses. Kate (40) word dikwels in pragtige skakerings van blou, sagte pienk en groen gewaar.

Kate Middleton.
Kate Middleton. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die beeldskone ma van drie kies ook baiekeer helder kleure soos kersierooi en geel om die koppe te laat draai. As jy helder kleure en vloeiende rokke verkies, is die elegante Kate jou styl-tweeling. 

Kate Middleton
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Voor in die modekoor: Prinses Beatrice 

Prinses Beatrice (33) het haar nog nooit aan voorgeskrewe koninklike modes gesteur nie. Koningin Elizabeth se kleindogter is nie skaam vir ’n tikkie kleur in haar hakskoene, sterk patrone of ’n modieuse kopstuk nie.

Prinses Beatrice
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy mal is oor kleurvolle hofskoene en dit geniet om patrone te meng en pas, is die stylvolle prinses Beatrice jou styl-tweeling. 

Prinses Beatrice.
Prinses Beatrice. Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Swierig: Lady Kitty Spencer 

Lady Kitty Spencer (31) se styl is uitgesproke en sonder perke. Nie net het prinses Diana se broerskind op haar troudag in vyf asemrowende trourokke gepryk nie, dit was vyf ontwerpersrokke wat verseker het dat die bruid se troue nie sommer gou vergeet sal word nie.

Kitty, wat ook die globale ambassadeur vir die luukse Italiaanse modehuis Dolce & Gabbana is, is beslis die mode-voorloper onder die Britse koninklike familie. As jy dol is oor swierige bykomstighede, sjiek aandrokke en ’n vars skoonheidsvoorkoms, is die beeldskone Kitty jou styl-tweeling. 

Kitty Spencer.
Kitty Spencer. Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Klassiek: Prinses Eugenie 

Beatrice se jonger suster, prinses Eugenie (32), weet watter modes by haar pas en sy dra presies dit. Dié prinses se styl is modern, maar sy word nie sommer in jeans gewaar nie.

Die ma van een lyk altyd elegant in blompatroonrokke, gestruktureerde snitte, en moenie daardie klassieke sjokoladebruin hare en natuurlike grimering vergeet nie. As Eugenie haar sexy kant omhels, word haar lippe rooi geverf.

As jy van sagte materiale soos sjiffon hou in plaas van ’n broek en jy dra net items wat jy weet by jou lyfvorm pas, is die selfversekerde Eugenie jou styl-tweeling. 

Prinses Eugenie.
Prinses Eugenie. Foto: Gallo Images/Getty Images

6. Op ’n drafstap: Meghan, die hertogin van Sussex

Die modeslim hertogin van Sussex (40) hou haar dagdrag funksioneel en modieus deur by van haar gunstelinge te hou – denim, kraakwit hemde en byderwetse bykomstighede.

Meghan Markle.
Meghan Markle. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die voormalige Suits-aktrise lyk ook altyd pragtig in dagrokke vir enige geleentheid. Hemp-, maksi- en halternekrokke is staatmakers in haar klerekas en ideaal vir ’n ontspanne voorkoms. As denim die staatmaker-item in jou klerekas is, is Meghan jou styl-tweeling.

Meghan Markle
Foto: Gallo Images/Getty Images

 7. Ontspanne: Zara Tindall 

Die pragtige Zara Tindall (40) hou dit eenvoudig as dit by styl en mode kom. Die enigste dogter van prinses Anne en haar eksman, kaptein Mark Phillips, is een van die koninklikes wat nie skaam is om haarself te wees nie. Haar stylvolle sonbrille is ikonies verby, selfs as sy in haar blommerok en hakskoene getooi is.

Zara Tindall.
Zara Tindall. Foto: Gallo Images/Getty Images

Sy hou dit klassiek in knielengte rokke, maar weet ook hoe om jeans sjiek te laat lyk. As jy dit geniet om gemaklik te wees en terselfdertyd vroulik en elegant te lyk in ’n blommerok of selfs ’n paar lang stewels wil aanglip vir ’n spesiale geleentheid, is Zara inderdaad jou styl-tweeling. 

Zara Tindall
Foto: Gallo Images/Getty Images

8. Laat altyd die koppe draai: Sophie, gravin van Wessex 

Prins Edward se vrou, Sophie (57), is die toonbeeld van onderbeklemtoonde elegansie en word dikwels geloof as ’n koninklike stylikoon wat net mooi weet wat om op elke geleentheid te dra.

Sophie Wessex
Foto: Gallo Images/Getty Images

Koningin Elizabeth se skoondogter staan altyd uit in die mooiste lang rokke en elegante kopstukke. Die gravin van Wessex dra ook die mooiste hakskoene by haar uitrustings en ons is mal daaroor! As jy elegante, maar praktiese uitrustings soos ’n langmourok met neutrale hofskoene verkies, is Sophie inderdaad jou styl-tweeling. 

Sophie.
Sophie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Noudat jy weet watter koninklike se sin vir styl jy deel, hoop ons dit sal jou modekeuses nog meer inspireer. 

  • Moenie enige groot nuus misloop nie! Vir boeiende nuus oor bekendes en aangrypende mensestories, teken in by ‘Huisgenoot’ se daaglikse nuusbrief, “Huisgenoot Vandag”.
Teken in op ons nuusbriewe

Kry die dag se sterkste stories, die week se lekkerste resepte, die maandelikse nuus oor modes, boeke, skoolsake en hartsake. Teken nou in


Jongste uitgawe

30 Junie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees