book-icon Uitgawe 23 Maart 2023
Deel

Voeg dié gereedskap by jou velsorgroetine vir ’n jeugdige en vars voorkoms

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vul jou velsorgroetine aan met hierdie alternatiewe hulpmiddels. Die regte gereedskap kan jou vel se gesondheid bevorder en ’n vars, jeugdige gloed na vore bring.

Steenroller

gesigsorg,masseer
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Rollers van siersteen – oftewel jade – is nie ’n onlangse velsorg­uitvindsel nie. Dit is al eeue ’n staatmaker in Chinese velsorgroetines. Maar danksy TikTok en Instagram is dit ook nou elders baie gewild.

Dié gereedskap van metaal en jade (of ander sierstene soos rooskwarts en ametis) word as die geheim tot ’n fermer, jeugdiger vel voorgehou. Dit het rollers aan elke punt wat oor die vel gly en in die kontoere van die gesig werk. Die voordeel van dié ritueel is dat dit ’n goeie toevoeging tot enige oggend- of aandvelsorgroetine is. 

Soggens kan ’n verkoelde steenroller pofferige oë verfris laat lyk, en voor slaaptyd is die gesigmasseringstoestel goed daarvoor om inflammasie te laat bedaar.

Gebruik dit só

1. Sorg dat jou gesig en die steenroller skoon is voor jy dit gebruik. 

2. Smeer serum of gesigolie aan jou vel. 

3. Begin by jou nek en rol sagkens op- en uitwaarts. Moenie te hard druk nie – dis om irritasie te voorkom. Beweeg stadig teen jou gesig op en eindig met jou voorkop. 

4. Was die roller met seep en water wanneer jy klaar is en laat dit droog word. 5. Bêre dit in die ys- of vrieskas wanneer jy dit nie gebruik nie. ’n Koue steen kan bloedvate help vernou en rooiheid verminder en sodoende die vel helderder laat lyk. 

Voordele

  • Bevorder sirkulasie. 
  • Kan die doeltreffendheid van jou velsorg verhoog en help dat jou vel produkte beter absorbeer.  
  • Boots die ontspannende uitwerking van ’n gesigmassering na.  
  • Verminder pofferigheid van die oë.

Gesigreinigingsborsels

Gesigreinigingsborsels kan grimering, vuilheid en besoedeling wegvee wat jy dalk nie besef het aan jou vel is nie. Wanneer jy ’n ekstradiep skoonmaak nodig het, dien die borsel as ’n meganiese afskilferaar om dooie vel te help verwyder. Dit verhoog terselfdertyd bloedvloei en laat die vel glansend. 

gesigsorg,masseer
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Gebruik dit só

1. Verwyder grimering. 

2. Wend reiniger aan. 

3. Woel die borsel in klein sirkelbewegings oor jou gesig en nek. Werk sagkens aan areas soos jou nek die delikate vel om jou oë. Skenk spesiale aandag aan verstopte dele soos om jou neus en ken.

4. Spoel af met louwarm water, druk jou gesig en nek droog en sit jou gewone roetine voort. Maak die borsel agterna behoorlik skoon om te verhoed dat bakterieë op jou vel beland.

Voordele

  • Dieper reiniging. 
  • Sagte afskilfering. 
  • Maak verstopte porieë oop. 
  • Bevorder bloedvloei. 
  • Help die vel ontgif. 
  • Verfyn en verglad die vel se tekstuur. 
  • Laat produkte vinnig absorbeer.

Velsuigglasies

velsorg,roetine
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die suigglasieproses het grootliks uit tradisionele Oosterse geneeskundepraktyke ontstaan. Dit behels dat verhitte glasies gebruik word om klein vakuums te skep wat jou energievloei balanseer. Die metode van suigglasiebehandeling aan jou gesig is baie anders as dié aan jou lyf. 

’n Stel “glasies” word oor jou gesig gegly om ’n suigaksie te skep wat beter bloedvloei aanmoedig.  

Gebruik dit só

1. Was jou gesig en nek met ’n ligte seep. Masseer daarna ’n gesigolie aan die vel waar jy die glasies wil gebruik. 

2. Die kleiner glasies in die stel word gebruik om jou wenkbrouarea, neus en T-sone te masseer en die groteres jou voorkop, kaak en wange. 

3. Druk die suigglasie sagkens en sit dit oor jou gesig om ’n vakuum te skep.

Voordele

  • Verhoog bloedsomloop. 
  • Versterk die vel en bindweefsel. 
  • Stimuleer die selle in die veloppervlak wat kollageen vervaardig. 
  • Verlig spierspanning. 
  • Verhelder die vel. 
  • Versag vlekke. 
  • Verminder pofferigheid. 
  • Help gesonde olievervaardiging in die vel. 

Ice Globes

Laat ons jou bekendstel aan die koelste en coolste stap in enige versorg­roetine: “ice globes”. Dié glas- of metaal-“towerstaffies” word ook “facial globes” genoem en moet koud gebruik word.

gesigsorg,masseer
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Ice globes is met ’n spesiale jelagtige stof gevul en word in die ys- of vrieskas gesit. Wanneer dit verkoel is, kan die staffies aan jou gesig of ander dele van jou lyf gerol of gemasseer word. 

Gebruik dit só

1. Was jou gesig en smeer serum, olie of bevogtiger aan. 

2. Masseer of laat gly die ysbal vyf tot 10 minute lank sagkens met veebewegings oor jou vel.

3. Werk altyd van die middel van die gesig af uitwaarts om limfvloei aan te moedig. 

Voordele 

  • Anders as jou kaal vingers, trek en rek dit nie jou vel nie.  
  • Verhoog bloedvloei. 
  • Laat ontspan jou gesigspiere en help plooie teenwerk. 
  • Bied ’n verkoelende sensasie wat pofferigheid bestry, die vel ­kalmeer en inflammasie verlig.

Gua Sha

Hierdie Chinese tegniek behels dat die gesig of ander dele van die lyf met ’n toestel met ’n gladde rand gestreel word om bloedsomloop te verbeter, spiere te laat ontspan en limf­vloei te bevorder. ’n Gua sha werk op die bindweefsel in die gesig om spanning te ontlaai en die vel te lig en te verferm. 

velsorg,roetine
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Beoefen gua sha sowat twee tot drie keer per week aan jou gesig soggens wanneer jy op jou pofferigste is. Moenie te veel druk uitoefen nie, anders kan jy jou vel irriteer. 

Gebruik dit só

Maak jou gesig klam en volg hierdie stappe: 

1. Hou jou gua sha met die geboë kant na jou gesig toe. Begin by jou nek en laat gly dit sagkens op en uit. Streel altyd by die nek af en nooit op nie om vloeistof te dreineer. 

2. Beweeg na jou kaaklyn, ken en om jou mond, en streel die vel drie tot vyf keer per area. Gebruik altyd kort hale in net een ­rigting, nooit heen en weer nie. 

3. Druk die gua sha plat teen jou vel en vee liggies onder jou oë of oor enige rooiheid om irritasie te verminder en pofferigheid te verminder. 

4. Beweeg laastens in klein horisontale hale met die toestel oor jou wenkbroubeen om dit te lig. Of hou en druk dit opwaarts tussen jou wenkbroue om spanning te ontlaai. 

Voordele 

  • Bevorder gesonde limfdreinering. 
  • Verbeter bloedsomloop. 
  • Verlig spanning in die gesig en nek. 
  • Versag plooie en donker kringe. 

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Jongste uitgawe

8 Junie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees