Zetske spog sedert 2015 met haar eie klerereeks, Halo by Zetske, en het onlangs haar nuwe winterreeks in haar aanlyn klerewinkel bekendgestel.
“Ek ontwerp al die klere self en kies ook self die materiaal, maar ek maak dit nie self nie,” sê sy.
Hier deel sy haar gunsteling-items vir haar winterklerekas.