Reiniger, verfrisser, bevogtiger, sonblok – as velsorg so eenvoudig was, sou ’n basiese roetine só gelyk het. Maar skoonheid is deesdae veel ingewikkelder.
Die mark loop oor van produkte en dit kan oorweldigend wees om uit te pluis wanneer en hoe om al die formules te gebruik.
Dit is goed en wel om ’n behoorlike velsorgversameling op te bou, maar aanwending in die verkeerde volgorde kan produkte ondoeltreffend maak, of, erger nog, tot rooiheid en irritasie lei.