Maar die hartseer werklikheid is dat miljoene elke jaar sterf of agtergelaat word wanneer eienaars belangstelling verloor of besef hulle kan nie behoorlik na hulle kyk nie.
“Hasies is wonderlike troeteldiere as jy weet hoe om hulle te versorg,” sê Leon Erasmus van RabbitCare SA.
“Hulle is intelligent en sosiaal en raak baie verknog aan hul eienaar – en as daar behoorlik na hulle gekyk word, kan hulle tot 12 jaar leef.”