“Troeteldiere, wat soveel liefde deur die jaar gegee en gekry het, word agterweë gelaat,” skryf ’n leser.
“Maak diere deel van jou vakansieplan. Mense neem net aan die bure of vriende sal na die troeteldiere kyk. Om ’n kartonboks vol kos en bakke vol water onder ’n afdak te los is nie die antwoord nie. Hulle verdien meer as dit.
"Asseblief, maak jou troeteldiere se veilige verblyf deel van jou vakansiebeplanning,” skryf Poppie Conradie van Montagu.