Maar die dood is ’n werklikheid wat troeteldiereienaars in die een of ander stadium moet trotseer. Dit verg moeilike besluite wat dadelik geneem moet word, al is jy hartseer.
Die eerste prioriteit is om jou troeteldier se oorskot te hanteer.
Jou plaaslike veearts sal jou kan raad gee, of jy kan ’n troeteldierverassingsonderneming in jou gebied kontak. Dié ondernemings bied gewoonlik ook ’n tuisafhaaldiens.