Soms verskyn hulle uit die niet. ’n Oulike skilpadjie kruip op jou erf rond en smul aan gras. Of dalk het jy een van ’n besige pad gered en skielik besit jy ’n nuwe “troeteldier”.
Die eerste ding om te weet is dat ’n skilpad nooit as ’n troeteldier beskou moet word nie – hulle word as ’n wilde dier geklassifiseer en in Suid-Afrika is dit onwettig om een te hê sonder dat jy ’n behoorlike permit het.
“As jy een op die pad kry, tel hom op en plaas hom veilig aan die kant van die pad, in die rigting waarin hy beweeg het,” sê Vicki Hudson, CapeNature se ekologiese koördineerder.