Dit het dalk onskuldig begin: ’n vriendskap met iemand by die werk met wie jy goed oor die weg kom.
Maar kort voor lank spoel die geselsies in die kombuis oor na tydjies wat spesiaal saam afgeknyp word of selfs drankies ná werk . . .
En gou deel julle ál meer hartsgeheime en gelaaide oomblikke met mekaar, selfs meer as wat jy dalk met jou huweliksmaat deel. Wanneer ’n platoniese vriendskap in so ’n emosionele verhouding ontwikkel, moet jy katvoet wees, maan kenners.