Toe sy ’n kind was, het haar ma, ouma en oupa gesorg dat sy “die beste van alles kry”. Al was geld skaars.
“Ek was na die beste skole en universiteit, en hoewel ek beurse gehad het, het ek nooit ’n tekort gehad nie, want my familie het geld gestuur,” sê Candice van Swellendam.
Maar toe sy begin werk en geld verdien, het dinge ongemaklik geraak. Daar was ’n “soort verwagting”, vertel sy. Sy moes nou die mense help wat haar in haar jeug gehelp het.