Hierdie sierlike struike is van Oktober tot April met blomme getooi. Dit is ideaal as ’n potplant op die stoep of ’n balkon of buite in die tuin – die blomme sal pragtig oor die blombak hang.
Plant eerder die volle plant in jou tuin of kweek dit van ’n steggie, want dit kan taamlik geduld verg om dit van saad te kweek. Die plant sal baie goed in houers groei, maar dis baie belangrik om te sorg dat die potte waarin jy dit plant goeie dreinering het.
Jy kan dit doen deur groot klippe onderin te pak.