Jy het die nuwe jaar blinkoog begin, uitgerus ná ’n salige somervakansie en vuur en vlam vir die rits voornemens waarby jy dié keer gaan hou.
Maar ná net ’n paar dae lyk dit of van jou goeie bedoelings reeds begin sneuwel. Moenie moed verloor nie; dalk was jou lys net te ambisieus. Soms maak selfs klein veranderings ’n groot verskil.
Ook by Huisgenoot het ons dit al beleef. Hier vertel ’n paar Huisgenoot-redaksielede hoe eenvoudige veranderings in hul leefstyl vir ’n ommekeer in hul lewe gesorg het. Dalk dien dit ook vir jou as inspirasie vir die nuwe jaar.