Die eerste stap is om seker te maak jy was die plastiekbak of -houer dadelik uit nadat jy die inhoud daarvan geeët of gebruik het. Maar as jy nie het nie, hoef jy nie bekommerd te wees nie. Hier is vyf wenke wat beslis ’n verskil gaan maak.
Koeksoda is een van die moet-hê items in jou spens. Dit help met byna als!
Maak die houer vol water en voeg ten minste ’n eetlepel koeksoda by. Gooi nog by as jou houer groot is of ’n sterk onplesierige reuk het.