Dit is ’n vaardigheid waarmee party mense blykbaar gebore word terwyl die res van ons net jaloers kan toekyk: die vermoë om netwerke te bou.
Maar dis tog belangrik om te leer hoe om verhoudings aan te knoop met mense wat jou op jou beroepspaadjie kan help, sê loopbaankenners. Dit kan die verskil beteken tussen jou droompos losslaan of onverrigter sake van die een onderhoud na die ander ploeter.
Ons kyk waarom wie jy ken soms net so belangrik is as wat jy weet wanneer jy loopbaanstappe neem.