Laat jou krismisrose feestelik lyk
Jou krismisrose sal waarskynlik van November af pragtig blom. As dit nie die geval is nie, beproef ’n suur blaarvoeding en ’n deklaag met basskyfies om die plant.
Onthou om dit goed nat te hou, veral as die krismisrose in potte geplant is. Sorg dat die plante helder sonlig kry, maar nie altyd direk nie.
Gepraat van rose
Maak jou rose twee keer per week nat in die warm seisoene, veral as jy nie in ’n somerreënvalstreek bly nie. Knip dooie blomkoppe en onproduktiewe, stokkerige groei uit en voeg voeding met ’n see of misbasis by om jou plante ’n hupstoot te gee.
Kyk onder blare en blomme vir plae en spuit ’n organiese plaagbestryder aan aangetaste areas. Jy kan die rose ook behandel om fungusinfeksies te voorkom.
Dahlia
Daubenya
Gazania
Liatris
Nerina
Polianthes
Sprekelia
Verbena
Rooi salvia
Vinca
Zantedeschia
Koljander
Dille
Marjolein
Origanum
Pietersielie
Roosmaryn
Basilie
Tiemie
Grasuie
Wortel
Seldery
Witwortel
Soetrissie
Radys
Spinasie
Kool
Blomkool
Bronne: Stodels.com, Herb.co.za, Thegardener.co.za, Growveg.co.za, Lifeisagarden.co.za