Jy dink jy doen alles reg. Daar is ’n PIN op jou selfoon en jy het lankal ’n hoofletter, ’n syfer en ’n spesiale karakter in jou e-pos se wagwoord ingesluit.
En dan gaan iemand en be-roof jou wraggies steeds!Kuberdiewe raak deesdae so slinks dat hulle omtrent elke kode kan ontsyfer of omseil. Daarom sê kenners toenemend ’n enkele kode is nie meer genoeg as jy jou rekeninge of inligting wil beskerm nie.
Net soos wat jy by jou huis dalk veelvoudige hindernisse vir rowers het (’n alarm, ’n hond én diefwering), moet jy elektronies ook bykomende beskerming vir jou inligting begin aanbring. Dalk het jy al die Engelse term hiervoor gehoor: two-factor authentication (2FA).