Om te skei is ’n groot, moeilike besluit – waarskynlik veel moeiliker as jul besluit om in die eerste plek te trou. Daar is baie om in ag te neem, en baie op die spel, veral as jy kinders het. Dit is partykeer eenvoudig nie moontlik om die probleme in ’n huwelik uit te stryk nie.
En tog is dit ook nie ongewoon dat paartjies deur onstuimige waters gaan en steeds saam staande bly nie.
Hoe weet jy wanneer die skade in jul verhouding nie herstelbaar is nie? Dié kenners sê jy sal weet jy is gereed om te skei wanneer . . .