Hierdie sagte en oulike hasie is die perfekte speelmaat vir jou baba of jong kind. Ons wys jou hoe om hom te brei. GROOTTE 53 cm van die punt van die ore tot by die pote.
Let wel: Jy kan enige masjienwasbare dubbelbreidraad vir dié hasie gebruik. Kies ’n sagte of borselbreidraad om die hasie sagter te maak.