Sukkel jy om te sien? Keer so dat jou masker jou bril laat opwasem

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images
Masker dra is nie so eenvoudig vir mense wat bril dra nie.

Om te verhoed dat die nuwe coronavirus versprei, noop die Wêreldgesondheidsorganisasie dat mense higiëniese maatreëls volg en ook maskers dra wanneer hulle uitgaan. Maar baie brilldraers wêreldwyd kla die maskers laat dikwels hul bril opwasem en maak dat hulle niks kan sien nie. 

masker
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Wasem ontstaan wanneer warm asem van onder jou masker ontsnap en op die koeler oppervlak van brillense kondenseer. Dit laat vorm piepklein druppels wat tot waas lei.

Hier is vyf maniere om dit te voorkom.

1. Maak of koop ’n masker wat styf pas

masker
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As die warm lug opwaarts ontsnap, kan dit beteken jou masker is nie styf genoeg nie, veral om die neusarea. Jy kan dit regstel deur jou N95- mediese masker te vorm deur die metaaldeel daarvan te buig om beter om jou neus en wange te pas.

As jy ’n tuisgemaakte masker het wat verstelbaar is, bind die bande stywer vas of voeg ’n pypskoonmaker aan die bokant om dit aan jou gesig te laat pas, stel Good House Keeping voor.

2. Plak jou masker

bril
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Kleefband kan ook ’n oplossing vir jou wasemprobleem wees. Jy moet jou masker aan die brug van jou neus al die pad oor jou wange vasplak, sê dr. Samir Mehta, hoof van ortopediese trauma en fraktuursorg by Penn Medicine. Jy kan gewone of mediese kleefband gebruik, maar moenie waterdigte kleefband gebruik nie. 

3. Sit sneespapier in jou masker

masker
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vou ’n snesie horisontaal en plaas dit tussen die brug van jou neus en die bokant van die masker. Jou warm asem sal deur die snesie geabsorbeer word pleks daarvan dat dit jou lense laat opwasem.

4. Was jou brillense met seepwater

masker
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Mense moet hul lense met seepwater was net voor hulle ’n masker dra, volgens ’n studie van 2011 in Engeland.

As jy jou bril met seepwater was, word ’n dun oppervlakaktiewe laag agtergelaat wat oppervlakspanning verminder. Dit laat ook die molekules egalig in ’n deurskynende laag uitsprei en ontwasem dus jou bril. Laat die bril lugdroog word en droog die lense sagkens met ’n snesie af.

5. Skuif jou bril bo jou masker 

bril
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy reeds van die bogenoemde wenke probeer het en dit nie heeltemal suksesvol was nie, kan jy jou masker hoër optrek en jou bril afskuif sodat dit die opening tussen die masker en jou bril bedek. Dit sal die warm lug uithou en verhoud dat jou bril opwasem. 

Hopelik sal jy ’n bietjie duideliker kan sien nadat jy hierdie wenke gevolg het.

Bronne: NCBI, Today, Good House Keeping, Forbes, Fox News

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.


Jongste uitgawe

28 Oktober 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees