Toe Vanessa Reinmuth in 2017 ’n ou huis gekoop het, het sy dit haar missie gemaak om die tuin te laat herleef. “Dit was ’n gevestigde maar verwaarloosde tuin met ’n paar versteekte skatte,” sê sy.
“Die grond was goed en daar was ’n verskeidenheid rose. Maar my gunstelingding van die ruimte is die blombedding wat uit meerjarige plante bestaan en met baie min werk elke jaar en heeljaar vir ons vreugde verskaf. Ek is mal oor die wilde voorkoms!”
Hier is Brenda en Paul Pienaar se gunstelingplek in hul tuin. “Die mock orange agter die bankie blom ’n paar keer in die jaar en laat die hele omgewing soos parfuum ruik,” sê Brenda, ’n vertaler by Huisgenoot.