Vasbyt tot Kersfees! Maak só om moed te hou

akkreditasie
Die covid-19-pandemie, inperking en gepaardgaande verlies aan inkomste en werkgeleent­hede – asook eensaamheid –plaas ekstra druk op die geestesgesondheid van mense. Foto: Getty Images/Gallo Images
Die covid-19-pandemie, inperking en gepaardgaande verlies aan inkomste en werkgeleent­hede – asook eensaamheid –plaas ekstra druk op die geestesgesondheid van mense. Foto: Getty Images/Gallo Images

2020 het met tye oneindig lank gevoel, en tog het die jaar terselfdertyd verby geblits. ’n Mens kan skaars glo dit is weer tyd om jou Kersboom uit die kas te haal. Dit voel dan of jy dit nog net nou die dag weggepak het . . .

Een ding is wel seker, die laaste vyf weke is gewoonlik baie bedrywig, en om dinge te vererger voel die meeste mense moeg en uitgeput. Boonop is die meeste mense se geduld min. Hoe gemaak om deur te druk? Ons het by kenners gaan aanklop vir raad. 

“Wanneer jy deur ’n moeilike tyd gaan en die einde voel so naby, maar tog so ver, is die beste om dinge een dag op ’n slag te vat,” sê Corné Peach, ’n sielkundige van Kempton Park. “Fokus op die hier en die nou en om net deur hierdie dag, of selfs soms net deur die volgende uur te kom, eerder as om te dink oor die volgende ses weke wat nog voorlê,” stel sy voor.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees